Sport
Hoërskool Nico Malan bied ‘n wye verskeidenheid van sportaktiwiteite aan. ‘n Trotse tradisie van deelname en prestasie is oor jare opgebou. Afrigting word op ‘n hoë vlak hanteer en leerders se talente en vaardighede word ten volle ontwikkel. Die skool het ook ‘n kondisioneringsprogram ingestel waar alle sportmanne-en-vroue gedurende die voorseisoen hul self kan ontwikkel.
Prestasies word jaarliks in verskeie sportsoorte op provinsiale en nasionale vlak gelewer.

Gholf
landloop
Branderplankry
Rugby
Oefeninge vind plaas soos uiteengesit op ons jaarprogram.
Verskeie van ons spelers word jaarliks na skool gekontrakteer op provinsialevlak en selfs nasionalevlak.
Die grondslag van Nico Malan se rugbysukses is TROTS, TRADISIE en PASSIE.
Swem
Atletiek
Ons leuse is HOËR, VINNIGER, VERDER.
Daar word hard gewerk om ‘n liefde vir die sport te kweek. Met toegewydheid en goeie dissipline is atletiek een van die sportsoorte wat werklik gedy. Byeenkomste waaraan deelgeneem word is as volg:
- Interhuis
- Nico Malan Prestigebyeenkoms
- Top 10 byeenkomste
- Friday Night Lite-byeenkomste
- Distriks- en Provinsialebyeenkomste
Netbal
Skaak
krieket
Hokkie
Tennis
Twee junior en senior dogter-en-seunsspanne is betrokke. Tennis vind deur die jaar plaas en daar word ook jaarliks deelgeneem aan toernooie buite ons provinsie. Oefeninge vind plaas soos aangedui op die jaarprogram.
Ons poog om by die spelers die volgende te vestig:
- PASSIE OM TE WEN
- MET GRASIE TE VERLOOR
- LIEFDE VIR DIE SPEL