Akademie

Doen Aansoek!

Hoërskool Nico Malan is een van die top akademiese skole in die Oos-Kaap.  Met ‘n universiteitstoelatingsyfer van meer as 70% kwalifiseer talle van ons leerders hulself jaarliks verder by tersiêre instellings landwyd. Die personeel is ervare in hul vakgebied en strewe na uitnemendheid.

AOO GRAAD 8 & 9

DIE VOLGENDE LEERAREAS WORD AANGEBIED:

  1. Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal
  2. Engels Huistaal of Eerste Addisionele Taal
  3. Wiskunde
  4. Natuurwetenskappe
  5. Sosiale Wetenskappe
  6. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  7. Tegnologie
  8. Skeppende Kuns
  9. Lewensoriëntering
LET WEL: TEN MINSTE EEN VAN DIE TALE MOET OP HUISTAALVLAK AANGEBIED WORD

SLAAGVEREISTES:

‘n Volledige portefeulje met alle assesserings voltooi

  • 50% (vlak 4) vir Huistaal
  • 40% (vlak 3) vir Eerste Addisionele Taal
  • 40% (vlak 3) vir Wiskunde
  • 40% (vlak 3) vir enige ander DRIE vakke
  • 30% (vlak 2) vir TWEE van die oorblywende drie vakke

AKADEMIE

KLEUERE

  • ‘n Gemiddelde van 85 % in grade 8- en 9 – Finale rapportpunt.
  • ‘n Gemiddeld van 80% in graad 10 – Finale rapportpunt
  • ‘n Gemiddeld van 75 % tot 79,9 % in graad 11 – Finale rapportpunt
  • ‘n Gemiddeld van 75% tot 79,9% in die gr 12 September uitslag – Finale rapportpunt

EREKLEURE

  • Drie prestasiebalkies in akademie verwerf.
  • ‘n Gemiddeld van 85 % in graad 10 en 80% in graad 11 – Finale rapportpunt.
  •  ‘n Gemiddeld van 80% in die gr12 September eksamen – Finale rapportpunt

NOODHULP

KLEURE

  • 3 Jaar aaneenlopende diens met 75% dienslewering by georganiseerde geleenthede van die skool en ‘n vlak 3 kwalifikasie.

VOO GRAAD 10 - 12

DIE VOLGENDE VAKKE WORD AANGEBIED:

VERPLIGTE VAKKE:
  1. Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal
  2. Engels Huistaal of Eerste Addisionele Taal
  3. Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
  4. Lewensoriëntering
LET WEL: TEN MINSTE EEN VAN DIE TALE MOET OP HUISTAALVLAK AANGEBIED WORD
KEUSEVAKKE:

Drie van die volgende vakke moet gekies word. Let asb. op die kombinasies wat beskikbaar is volgens die vakkeusevorm wat hier afgelaai kan word.

  1. Lewenswetenskappe
  2. Fisiese Wetenskappe
  3. Geografie
  4. Rekeningkunde
  5. Ekonomie
  6. Besigheidstudies
  7. Toerisme
  8. Verbruikerstudies
  9. Visuele Kuns
  10. Ingenieursgrafika en -ontwerp
  11. Rekenaartoepassingstegnologie
  12. Inligtingstegnologie
LET WEL: INDIEN FISIESE WETENSKAPPE OF REKENINGKUNDE GENEEM WORD IS WISKUNDE VERPLIGTEND
slaagvereistes:

‘n Volledige portefeulje met alle assesserings voltooi

  • 40% (vlak 3) vir Huistaal
  • 30% (vlak 2) vir die ander taal
  • 40% (vlak 3) vir TWEE ander vakke
  • 30% (vlak 2) vir TWEE van die oorblywende drie vakke

OLYMPIADS

BALKIES

  • Onder top tien in enige olimpiade/expo finaal – nasionaal

EREKLEURE

  • 3 Prestasie balkies in olimpiades/expo’s verwerf
  • Wenner van enige olimpiade/expo finaal – nasionaal