Akademie
Hoërskool Nico Malan is een van die top akademiese skole in die Oos-Kaap. Met ‘n universiteitstoelatingsyfer van meer as 70% kwalifiseer talle van ons leerders hulself jaarliks verder by tersiêre instellings landwyd. Die personeel is ervare in hul vakgebied en strewe na uitnemendheid.
AOO GRAAD 8 & 9
DIE VOLGENDE LEERAREAS WORD AANGEBIED:
- Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal
 - Engels Huistaal of Eerste Addisionele Taal
 - Wiskunde
 - Natuurwetenskappe
 - Sosiale Wetenskappe
 - Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
 - Tegnologie
 - Skeppende Kuns
 - Lewensoriëntering
 
LET WEL: TEN MINSTE EEN VAN DIE TALE MOET OP HUISTAALVLAK AANGEBIED WORD
SLAAGVEREISTES:
‘n Volledige portefeulje met alle assesserings voltooi
- 50% (vlak 4) vir Huistaal
 - 40% (vlak 3) vir Eerste Addisionele Taal
 - 40% (vlak 3) vir Wiskunde
 - 40% (vlak 3) vir enige ander DRIE vakke
 - 30% (vlak 2) vir TWEE van die oorblywende drie vakke
 
AKADEMIE
KLEURE
- Gemiddelde van 85 % in graad 8- en 9 – Finale rapportpunt.
 - ‘n Gemiddeld van 80% in graad 10 – Finale rapportpunt
 - ‘n Gemiddeld van 75 % tot 79,9 % in graad 11 – Finale rapportpunt
 - ‘n Gemiddeld van 75% tot 79,9% in die gr 12 September uitslag – Finale rapportpunt
 
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in akademie verwerf.
 - ‘n Gemiddeld van 85 % in graad 10 en 80% in graad 11 – Finale rapportpunt.
 - ‘n Gemiddeld van 80% in die gr12 September eksamen – Finale rapportpunt
 
NOODHULP
KLEURE
- 3 Jaar aaneenlopende diens met 75% dienslewering by georganiseerde geleenthede van die skool en ‘n vlak 3 kwalifikasie.
 
VOO GRAAD 10 - 12
DIE VOLGENDE VAKKE WORD AANGEBIED:
VERPLIGTE VAKKE:
- Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal
 - Engels Huistaal of Eerste Addisionele Taal
 - Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
 - Lewensoriëntering
 
LET WEL: TEN MINSTE EEN VAN DIE TALE MOET OP HUISTAALVLAK AANGEBIED WORD
KEUSEVAKKE:
Drie van die volgende vakke moet gekies word. Let asb. op die kombinasies wat beskikbaar is volgens die vakkeusevorm wat hier afgelaai kan word.
- Lewenswetenskappe
 - Fisiese Wetenskappe
 - Geografie
 - Rekeningkunde
 - Besigheidstudies
 - Toerisme
 - Verbruikerstudies
 - Visuele Kuns
 - Ingenieursgrafika en -ontwerp
 - Rekenaartoepassingstegnologie
 - Inligtingstegnologie
 
LET WEL: INDIEN FISIESE WETENSKAPPE GENEEM WORD IS WISKUNDE VERPLIGTEND
Slaagvereistes:
‘n Volledige portefeulje met alle assesserings voltooi
- 40% (vlak 3) vir Huistaal
 - 30% (vlak 2) vir die ander taal
 - 40% (vlak 3) vir TWEE ander vakke
 - 30% (vlak 2) vir TWEE van die oorblywende drie vakke
 
OLIMPIADES
BALKIES
- Onder top tien in enige olimpiade/expo finaal – nasionaal
 
EREKLEURE
- 3 Prestasie balkies in olimpiades/expo’s verwerf
 - Wenner van enige olimpiade/expo finaal – nasionaal