Nico Malan draws it’s values from Biblical principles honouring God and each other.
Constantly striving for excellence, Nico Malan instils discipline in the pupils through the staff to achieve their greatest success.
An understanding of the pupil’s as whole people, with a balanced offering that caters to body, mind and spirit. (academics, sport and cultural activities & societies)
Nico Malan is a caring family, expressed in the sense of belonging, welcoming across the diversity of the pupil’s and gees, as well as the relationship of respect between the pupils & staff.
Ons lewe in ‘n onsekere en veranderende wêreld. Net die met die nodige volwassenheid, volharding en optimisme sal uitstyg bo die hindernisse voor hulle. In die voorbereiding van ons lewe, waar besluite geneem moet word wat jou sal vorm, bied Nico Malan jou die geleentheid om waardes uit te leef eerder as om reëls daar te steI wat nagekom moet word.
Die klippe in die voortuin van die skool is vir jare ‘n bekende baken en bymekaarkomplek vir leerders.
Om verdere kleur aan die klippe te koppel is daar in 2013 deur die skoolhoof, mnr. F.J. Lötz, voorgestel dat ‘n tradisie begin word rondom die klippe om die begin en afsluiting van ‘n leerder se skoolloopbaan by Nico Malan te simboliseer. Hy en mnr R. Olivier het die tradisie verfyn en afgeskop in 2014.
Die klippe simboliseer die uitdagings in die lewe wat oorkom word. Die laaste oorklim oor die groot klip simboliseer dat die uitdagings van die skooljare oorwin is en dat Hoërskool Nico Malan die grondslag vir jou lewensreis gelê het.





















