Inskrywings vir 2018

  • Rugby

Rugby

Die skool is bekend vir klipharde hardlooprugby in die Oos-Kaap. Met ‘n filosofie van spelerontwikkeling word daar gefokus op vaardigheidsontwikkeling van die individu ten einde ‘n beter speler te skep.

In die winterseisoen vanaf April tot Augustus ding ons gereeld met 9 spanne mee op die hoogste vlak in die OP en die bekende “Bloutrui” van die eerste span word gereken dwarsdeur die land. Toere word ook gereeld deur verskeie spanne onderneem.

Oefeninge vind plaas soos uiteengesit op ons jaarprogram.

Verskeie van ons spelers word jaarliks na skool gekontrakteer op provinsialevlak en selfs nasionalevlak.

Die grondslag van Nico Malan se rugbysukses is TROTS, TRADISIE en PASSIE.