Inskrywings vir 2018

  • Netbal

Netbal

In die wintermaande is ‘n groot aantal dogters bedrywig op die netbalbaan. Oefeninge vind plaas soos uiteengesit op ons jaarprogram.  Ons het in totaal 12 spanne en werk hard om ook ons C- en D-spanne blootstelling te gee met wedstryde. Ons o/14-, o/16- en o/19 A-spanne neem gereeld deel aan die SA Challenge Toernooi in Gauteng. Afrigters en spelers word ook gereeld blootgestel aan die nuutste oefenmetodes en tegnieke d.m.v. klinieke en oefenkampe. Die eerste span toer gewoonlik gedurende die April-vakansie.