Sport
Sport
Hoërskool Nico Malan bied ‘n wye verskeidenheid van sportaktiwiteite aan. ‘n Trotse tradisie van deelname en prestasie is oor jare opgebou. Afrigting word op ‘n hoë vlak hanteer en leerders se talente en vaardighede word ten volle ontwikkel. Die skool het ook ‘n kondisioneringsprogram ingestel waar alle sportmanne-en-vroue gedurende die voorseisoen hul self kan ontwikkel.
Prestasies word jaarliks in verskeie sportsoorte op provinsiale en nasionale vlak gelewer.
Gholf
Gholf word reg deur die jaar gespeel op ‘n verskeidenheid van bane in die OP.
landloop
Landloop is aktief besig in die wintermaande vanaf Mei tot Augustus.
Branderplankry
Rugby
Die skool is bekend vir klipharde hardlooprugby in die Oos-Kaap.
Oefeninge vind plaas soos uiteengesit op ons jaarprogram.
Verskeie van ons spelers word jaarliks na skool gekontrakteer op provinsialevlak en selfs nasionalevlak.
Die grondslag van Nico Malan se rugbysukses is TROTS, TRADISIE en PASSIE.
Swem
Swem is ‘n amptelike somersport. Ons bied jaarliks ‘n interhuisgala aan.
Atletiek
Atletiek vind plaas in die somermaande vanaf Januarie tot April en weer September tot November.
Ons leuse is HOËR, VINNIGER, VERDER.
Daar word hard gewerk om ‘n liefde vir die sport te kweek. Met toegewydheid en goeie dissipline is atletiek een van die sportsoorte wat werklik gedy. Byeenkomste waaraan deelgeneem word is as volg:
- Interhuis
- Nico Malan Prestigebyeenkoms
- Top 10 byeenkomste
- Friday Night Lite-byeenkomste
- Distriks- en Provinsialebyeenkomste
Netbal
In die wintermaande is ‘n groot aantal dogters bedrywig op die netbalbaan.
Skaak
Hierdie sport groei huidiglik mooi by die skool.
krieket
Krieket is ‘n somersport en vind plaas vanaf Januarie tot Maart en weer September en Oktober.
Hokkie
Seuns en dogters speel in die winterseisoen hokkie.
Tennis
Ons tennisspanne neem in die 1ste liga van die Oos-Kaap deel.
Twee junior en senior dogter-en-seunsspanne is betrokke. Tennis vind deur die jaar plaas en daar word ook jaarliks deelgeneem aan toernooie buite ons provinsie. Oefeninge vind plaas soos aangedui op die jaarprogram.
Ons poog om by die spelers die volgende te vestig:
- PASSIE OM TE WEN
- MET GRASIE TE VERLOOR
- LIEFDE VIR DIE SPEL
EREKLEURE - Sport
Beleid: Kleure, Erekleure en Lapelwapens
(soos goedgekeur deur die Beheerliggaam.)
ATLETIEK
KLEURE
- Twee keer 750 op die ABSA-puntetabel behaal.
- Twee keer kwalifiserende standaarde vir SA’s behaal op erkende byeenkomste.
- OP junior kampioen (goue medalje) by OP ASA Kampioenskap of OP Skole-kampioenskap.
- Wenners van Top 10 byeenkoms waar meer as een provinsie se skole betrokke is.
- ‘n Lid van die provinsiale-atletiekspan na ASA Kampioenskap of SA Skole
- Kampioenskap in slegs die aflos.
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in atletiek verwerf.
- Ten minste twee maal 800+ punte op die ABSA-puntetabel behaal.
- ‘n Lid van die provinsiale-atletiekspan na S.A.-skole of S.A.-juniors in ‘n individuele item.
KRIEKET
KLEURE
- Twee maal ‘n 100-tal in ‘n enkele beurt of 3 x 5 of meer paaltjies in ‘n enkele beurt geneem in een seisoen. (Eerste liga)
- Twee jaar lid van die1ste span met ‘n gem. van 75% wedstryde gespeel oor die twee jaar.
- Verteenwoordig die OP Kusspan. (EP Coastal Team)
- Speel in finale OP o/16 of o/18 proewe. (A of B span)
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in krieket verwerf.
- ‘n Speler wat die provinsie verteenwoordig in interprovinsiale wedstryde tydens die O/16 en/of o/18 nasionale toernooi. (Coke-week)
RUGBY
KLEURE
- Twee jaar lid van die 1ste span met ‘n gem. van 75% wedstryde gespeel oor die twee jaar.
- Verteenwoordig die OP o/14 of o/15 span wat aan interprovinsiale wedstryde deelneem.
- Speel in finale OP o/16 of o/18 proewe. (A of B span)
- Verteenwoordig die OP 7’s by ‘n nasionale toernooi
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in rugby verwerf.
- ‘n Speler wat die provinsie verteenwoordig in interprovinsiale wedstryde tydens die o/16 en/of o/18 nasionale toernooi. (Cravenweek/Akademieweek/Grant Khomoweek)
- ‘n Speler wat die provinsie in 3 of meer interprovinsiale wedstryde op o/19 vlak verteenwoordig.
TENNIS
KLEURE
- Drie jaar ‘n lid van die eerste span met ‘n gem. van 75% wedstryde gespeel oor die drie jaar.
- Verteenwoordig die OP in interprovinsiale-streekspanne
- Twee keer die skool se tenniskampioen.
- A-liga wenners in die OP
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in tennis verwerf.
- ‘n Speler wat die provinsie verteenwoordig in interprovinsiale wedstryde by die nasionale Kampioenskappe.
NETBAL
KLEURE
- Twee jaar lid van die 1ste span met ‘n gem. van 75% wedstryde gespeel oor die twee jaar.
- Verteenwoordig die OP o/14 of o/15 span wat aan interprovinsiale wedstryde deelneem.
- Speel in finale OP o/16 of o/18 proewe. (A of B span)
- ‘n Span wat provinsiale wenners is en in die top 5 eindig by die nasionale toernooi
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in netbal verwerf.
- ‘n Speelster wat die provinsie verteenwoordig in interprovinsiale wedstryde in die o/16 en/of o17 en/of o18 nasionale toernooi.
- ‘n Span wat nasionale wenners is by die nasionale toernooi.
LANDLOOP
KLEURE
- ‘n Lid van ‘n streekspan wat aan die provinsiale kampioenskap deelneem.
- ‘n Lid van die provinsiale uitnodigingspan of provinsiale skolespan.
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in landloop verwerf.
- ‘n Lid van die provinsialespan na die S.A.-kampioenskap.
SKAAK
KLEURE
- Drie jaar wenner van die skool se skaakkompetisie.
- Die wenner van ‘n streekkompetisie, bv. Uitenhagesirkel/P.E.
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in skaak verwerf.
- Wenner van ‘n kompetisie op provinsiale vlak.
- ‘n Speler wat die O.P. in ‘n interprovinsiale kompetisie verteenwoordig.
SWEM
KLEURE
- Lid van die O.P.-streekswemspan.
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies verwerf.
- Lid van provinsiale span wat aan ‘n interprovinsiale byeenkoms deelneem by die nasionale kampioenskappe.
SURFING
KLEURE
- Represent E.P. at quadrangulars, triangulars, etc.
HONOURS
- E.P. team to S.A. Schools’ Championships or S.A. Senior Championships.
- Three surfing scrolls.
GHOLF
KLEURE
- Twee jaar lid van die 1ste span met ‘n gem. van 75% wedstryde gespeel oor die twee jaar.
- Deelname aan die O.P. Gholf Stigting-toernooi. (ten minste drie toernooie per jaar)
- Individuele wenner van die Cape Schools toernooi en/of die OP-toernooi.
- Lid van die 1ste span wat as OP wenners aangewys word.
- Verteenwoordig die OP o/14 of o/15 span wat aan interprovinsiale wedstryde deelneem.
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies verwerf in gholf
- ‘n Speler wat die provinsie verteenwoordig in interprovinsiale wedstryde by die nasionale kampioenskappe
- As skoolspan wenners is van die Nasionale Skole-kampioenskappe of ‘n top 3 individuele prestasie behaal by die Nasionale Skole-kampioenskappe.
HOKKIE
KLEURE
- Twee jaar lid van die 1ste span met ‘n gem. van 75% wedstryde gespeel oor die twee jaar.
- Verteenwoordig die OP o/14 of o/15 span wat aan interprovinsiale wedstryde deelneem.
- Speel in finale OP o/16 of o/18 proewe. (A of B span)
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in hokkie verwerf.
- ‘n Speler wat die provinsie verteenwoordig in interprovinsiale wedstryde in die o/16 en/of o18 nasionale toernooi.