Leerders

leerders

Hoërskool Nico Malan se leerders leef die skool se waardes van respek, eerlikheid, regverdigheid en vriendelikheid uit. Ons strewe na geballanseerde leerders wat hulle plek kan volstaan in die samelewing.

Uitvoerende Komitee 2023

SEUNS

Hoofseun:Blaine Isaacs

Onderhoofseun:Gerhard Botes

Mias Bierman
Regan Burger
Steven Flemming 
Ovayo Jimlongo
Leo Lategan
Dominic Malgas
George Pieterse
Brady Rispel

DOGTERS

Hoofdogter: Inge Bower

Onderhoofdogter: Miné Janse van Rensburg

Danika Basson
Megan de Klerk
Line Ferreira
Talya Ferreira
Deone Fortuin
Juané Kritzinger
Anri Landman
Aviwe Mdidimba
Juané Oosthuizen
Lara Visser

Mia Vorster
Wendy Witbooi

 

Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) 2023

GRAAD 8

Jacobus Phillip

Mienke Smit

GRAAD 9

JM Pieterse

Eliska Nel

GRAAD 10

Liam Bekker

Carah van Vuuren

GRAAD 11

Jean Joubert 

Aldon Potgieter

Joani Jacobs

Gabby Willemse

GRAAD 12

Blaine Isaacs

Gerhard Botes

Leo Lategan

Inge Bower

Mine Janse Van Rensburg

Leah Saunders

Die Nico Malan Huis-Sisteem

Die huis-sisteem is begin om die waardes en etos van Hoërskool Nico Malan uit te beeld en deel te maak van die skool se doen en late.

Dit is ons droom dat die huis kapteine en die skoolraad saam sal werk om die leerders te motiveer en die gees van die skool te behou.

Jou kind sal deel vorm van een van die volgende huise:

  • Huis Nico
  • Huis Malan

Studente word gemotiveer om deel te neem aan vriendelike kompetisies om punte te verdien vir hulle huis, met die oog op respek vir die skool kultuur en gees.

Ons het interhuis kompetisies in verskeie afdelings van sport en kultuur aktiwiteite. Ons huis sisteem moedig samewerking aan en leer die leerlinge om mekaar se sukses te vier.

Huis-sisteem doelwitte:

  • Ons doel is om elke leerling wat deel vorm van ‘n huis te verskaf met:
  • ‘n gevoel van behoort.
  • Geleenthede om vaardighede te ontwikkel in sosiale, intelektuele en praktiese afdelings.
  • ‘n gevoel van belang, beide binne en buite die klaskamer.
  • Pret en opwinding
  • Geleenthede vir leierskap
  • ‘n bewustheid van individuele- en groepsverantwoordelikheid.

Huis-organisering:

  • Leerders word ingedeel in een van die vier huise in graad 8 en bly in daardie huis tot die einde van Matriek.
  • Indien moontlik word boeties en sussies (al het hulle verskillende vanne) in dieselfde huis ingedeel.
  • Elke personeellid word ook in ‘n huis ingedeel.
  • Elke huis het twee graad 12 kapteine wat die huislede verteenwoordig reg deur die jaar.

Bloedskenk

Met die positiewe bydra van Nico Malanners is duisende lewens al gered. Daar word kwartaaliks geleentheid by die skool aangebied waar leerders bo 16 jaar kan bloedskenk. Hierdie aktiwiteit word aangebied deur SANBS en word uitstekend ondersteun deur die leerders.

Interact

Indien jy omgee en graag wil teruggegee aan die gemeenskap in die omgewing is dit die plek vir jou. Hier word gemeenskapswerk en liefdadigheidsprojekte ondersteun. Alle leerders is welkom om aan te sluit en verskeie projekte word deur die jaar geloods. Verskeie liefdadigheidsorganisasies word bevoordeel met skenkings en kontantinsamelings.

Word betrokke sodat:

  • JY ‘n VERSKIL KAN MAAK IN DIE GEMEENSKAP
  • NUWE KULTURE KAN ONTMOET EN BELEEF
  • JY JOU LEIERSKAP KAN BEVORDER MET NUWE INISIATIEWE
  • En PRET KAN BELEEF EN NUWE VRIENDSKAPPE KAN SMEE

Noodhulp

Leerders word jaarliks opgelei om noodhulp by sportgeleenthede te kan toepas. Hulle doen diens tydens sportdae en tuiswedstryde.

VCSV en JOT

Hierdie is nie organisasies nie, maar “organismes”. Dit lewe en groei daagliks binne die groepe waar leerders bymekaar kom om diep te besin oor die lewe se vraagstukke en tienerprobleme.

By die VCSV word kringleiers weekliks voorberei oor die tersaaklike temas wat in die week binne groepe bespreek gaan word. Kampe word ook gereël en vriendskappe gesmee.

In JOT word mense van buite die skool betrek om met leerders temas te behandel waaroor hulle onseker is. Dit sluit aan by Lewensoriëntering en is eintlik ‘n uitbreiding daarvan. Hier word leerders ook uitgenooi om by die skool se Jeugwerker uit te kom vir ondersteuning as hulle enige probleme ondervind.