Inskrywings vir 2018

IniKollig

Ons eie mini-kunstefees is ‘n geleentheid waar alle leerders hulle vernuf kan uitstal met skeppende kunste. Hier word toneel gespeel, gesing, gedans, films gewys en natuurlik ook geëet. Leerders is verantwoordelik vir die skryf, redigeer en opvoer van produksies. Ook die kosstalletjies is leerders se inisiatief. Hierdie geleentheid is ‘n hoogtepunt in die eerste kwartaal van die jaar.