Inskrywings vir 2018

  • UK2013

Algemene Kennis

Om ‘n gebalanseerde leerder te ontwikkel moedig ons leerders aan om aan verskeie aktiwiteite deel te neem. Dit is daarom vir ons belangrik dat leerders ook hulle algemene kennis uitbrei en verbeter. Die volgende geleenthede word geskep:

Vasvra²:

Elke eerste Woensdag van ‘n kwartaal word ‘n vasvra kompetisie in die saal gehou waar leerders se kennis getoets word. Leerders skryf self spanne van twee in waar hulle met vrae gebombardeer word in 3 afdelings. Daar is ook altyd heelwat toeskouers wat die deelnemers aanmoedig.

Wêreldkennis Olimpiade:

Ons neem jaarliks aan hierdie nasionale olimpiade deel met meer as 50 leerders.

Die Burger se “Vlymskerp” kompetisie:

Leerders van al die top skole in die Oos-Kaap ding mee. Spanne bestaan uit 4 lede en daar is groot kontantpryse op die spel.