Aflaaibare dokumentasie

HS Nico Malan neem deel aan ATKV-Tienertoneel streekfees in die Opera Huis

Die ATKV-Tienertoneel streeksfees het in die Opera Huis in Port Elizabeth plaasgevind. Nico Malan se drama klub het met hulle tienertoneelstuk ” WAAR WAS JY?” die gehoor, hulle wereld van platteland tiener wees in die jaar 2018  gewys sonder tierlantijntjes of om doekies om te draai.

Die teks geskryf deur Marjorie Arnold is geïnspireer deur tieners se verhale oor hulle eie lewe, hulle vrae en bekommernisse oor die toekoms. Marjorie Arnold het ook die regie behartig en het die jong akteurs met n natuurlik aanslag afgerig wat die stuk al hoe meer treffend maak.  Taal, die toekoms, die verlede, hoop en hartseer word deur die musiek beklemtoon en is treffend deur die loop van die produksie gebruik. Jannie Venter het die musikale regie behartig en die sang is ter ware n verteller van die tieners se emosies.

Marjorie Arnold en Jannie Venter het Nico Malan Drama klub begin om nie net die leerlinge van Nico Malan se talente te ontwikkel die maar ook om hulle n kreatiewe spasie op die planke te gee waar hulle kan vermaak en groei as jong akteurs, sangers en kunstenaars.

“Waar was jy? ” het bronssertifikate ontvang vir teks, algehele produksie en regie. Bronssertifikate is onderskeidelik vir toneelspel ontvang deur: Elandri Venter, Chelsea Biko, Marcell Lombaard, Jason Kleinhans en Helena Gildenhuys. Mikhaela Friedrichsen en Emmihle Sibango het albei silver verwerf vir hulle toneelspel.

Dewaldt Koen het vir sy Klavierbegeleiding het n bronssertifikaat ontvang en die agtergrondspelers: Imke Rischmuller, Jannike du Toit, Anke Gerber, Nina Vorster, Timany Mostert, Jayden Top, Bleyten Smit, Elrica Davis het n sertifikaat van deelname ontvang. Hulle Choregrafie was behartig deur Carrie Nissiotis.

Die spel van die agtergrondspelers kan nie misgekyk word nie, elke beweging, gesigsuitdrukking en aksie dra by tot die toneelstuk se sukses. Die tegniese span was behartig deur twee leerling Dylan De Vos en Juan – Michael Walker.

Nico Malan Drama Klub onder leiding van Jannie Venter en Marjorie Arnold beloof nog vele produksies wat die kontrei gaan vermaak, laat dink en saamkom vir die liefde van taal en toneel.

 

Artikel verskyn op AWSUM news: https://awsumnews.co.za/regions/western-cape/northern-suburbs/hs-nico-malan-neem-deel-aan-atkv-tienertoneel-streekfees-in-die-opera-huis/

Tags: , ,