kultuur
kultuur
Hoërskool Nico Malan se kultuur is aktief en lewendig. Daar word talle geleenthede geskep waar leerders hulle talente kan uitstal en prestasies kan lewer. Ons is trots op die leerders se vermoë om te speel, spreek, sing en skep.
fotografieklub
Belangstellendes in fotografie kan hier inskakel om te leer hoe om beter foto’s te neem deur te kyk na verskillende tegnieke en komposisies.
redenaarskuns
Goeie leiers moet kan práát, hulle standpunt gemotiveerd en ingelig kan stel en hulle gehoor kan oortuig!
Dít weet Hoërskool Nico Malan baie goed.
Ons spits ons daarop toe om individuele redenaars op te lei en aan te moedig om hulle standpunte onomwonde te stel. By die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie beïndruk die sprekers telkens die beoordelaars. Talle sprekers dring jaarlik deur na die semi-finale en selfs finale kompetisie.
Praat sinvol, wees ingelig, redeneer ooruigend… dít is wat ons by Nico Malan doen!
Dans
Ons dansgroep is altyd ‘n wenner by ons jaarlikse Interskole.
Videoklub
Leerders wat belangstel in fotografie en die maak van video’s kry hier die geleentheid om hulle kreatiwiteit uit te leef.
algemene kennis
Om ‘n gebalanseerde leerder te ontwikkel moedig ons leerders aan om aan verskeie aktiwiteite deel te neem. Dit is daarom vir ons belangrik dat leerders ook hulle algemene kennis uitbrei en verbeter. Die volgende geleenthede word geskep: Elke eerste Woensdag van ‘n kwartaal word ‘n vasvra kompetisie in die saal gehou waar leerders se kennis getoets word. Leerders skryf self spanne van twee in waar hulle met vrae gebombardeer word in 3 afdelings. Daar is ook altyd heelwat toeskouers wat die deelnemers aanmoedig. Ons neem jaarliks aan hierdie nasionale olimpiade deel met meer as 50 leerders. Leerders van al die top skole in die Oos-Kaap ding mee. Spanne bestaan uit 4 lede en daar is groot kontantpryse op die spel. Vasvra²
Wêreldkennis Olimpiade:
Die Burger’s “Vlymskerp” kompetisie:
koor
Onder die bekwame leiding van ‘n begeleier en dirrigent word ons leerders blootgestel aan pragtige koorsang en musiek.
Toneel
Die kuns van toneelspel word jaarliks ontwikkel met opvoerings, revues of blyspele.
IniKollig
Ons eie mini-kunstefees is ‘n geleentheid waar alle leerders hulle vernuf kan uistal met skeppende kunste.
Debat
Hier kan standpunte gestel en redenasies met vaardigheid uitgevoer word.
EREKLEURE - KULTUUR
TONEEL
KLEURE
- Drie jaar lid van die ATKV-toneelgroep.
- Lid van ‘n groep wat in die top 5 van die ATKV streeksfinaal eindig.
- ‘n Goue sertifikaat vir ‘n individu by die ATKV-streekskompetisie.
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in toneel verwerf.
- Lid van ‘n groep wat deurdring tot die ATKV-finaal nasionaal .
- ‘n Goue sertifikaat vir ‘n individu by die ATKV-finaal nasionaal.
KOOR
KLEURE
- Drie jaar ononderbroke lid van die skoolkoor.
- Een jaar lid van die O.P.-jeugkoor en steeds deel van skoolkoor.
- Lid van die koor wat die ATKV-streekskompetisie wen
EREKLEURE
- Drie prestasie balkies in koor.
- Ten minste drie jaar lid is van die O.P.-jeugkoor en steeds lid is van die skoolkoor.
- Lid van die koor wat die ATKV-finaal nasionaal wen
REDENAARSKUNS
KLEURE
- Deelname aan die halfeindronde (semi-finaal) van die ATKV-redenaarskompetisie.
- Deelname aan Radikale-redenaars finaal – nasionaal
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in redenaarskuns verwerf.
- Deelname aan die finaal van die ATKV-redenaarskompetisie nasionaal.
- Wenner van kategorie in Radikale-redenaars finaal nasionaal
DEBAT
KLEURE
- Deelname aan die halfeindronde (semi-finaal) van ATKV debatskompetisie
EREKLEURE
- Drie prestasiebalkies in debat.
- Deelname aan die finaal van die ATKV-debatskompetisie nasionaal.
KULTUUR
KLEURE
- 3 Jaar betrokkenheid by Revue in ‘n hoofrol en/of InniKollig as regiseur